Na 30jaar as 'n spysenier  in Korrektiewe dienste het ek met 'n
spitbraai besigheid begin vroeg in 1997.

Ek het as 'n vreemdeling in Pretoria aangekom om in Gauteng
my konsep van Spitbraai-spyseniering van stapel te stuur .
Om myself bekend te stel  het ek eers  op geselekteerde plekke
in die hoofstraat skape gebraai en spitbraaiburgers verkoop.
Die lekker reuk van gebraaide skaapvleis het baie mense nader
gelok om die burgers te koop, en mettertyd het dit gebeur dat ek
gevra is om by 'n kerk se fondsinsameling  die spitbraaiburgers
te verkoop.

Daar het ander mense my weer raakgesien en die navrae het begin instroom vir verjaarsdae en ander funksies, en die sneeubal-effek van die bostelegraaf ("Word-of-mouth") het begin.
Ek werk by verjaardae, van kinders tot bejaardes, troues en by besigheidsfunksies, of enige plek waar mense lekker wil kuier, en lekker wil eet. Ek neem die spitbraai na die kliŽnt se lokaal toe, en op die perseel word die eerste geure versprei.

Uit my jare se ervaring in die spysenierings-omgewing is ek uiteraard baie gesteld op kwaliteit. Ek gebruik A2 graad lamsvleis vir die effense vetjie  wat daarmee saamkom, om die skaap 'n pragtige kleur te gee wanneer dit klaar gebraai is. Vir die voorbereiding het ek 'n instap yskas waarin ek die rou lammers  hang tot kort voor gebruik - dit word op 'n stang vasgemaak en bly in die yskas tot en met gebruik.  Ons slaaie word vars voorberei en keurig  voorgesit in glas slaaibakke.  Ons voorsien ook porselein borde en vlekvrye staal eetgerei.

©2019 - Die Spitbraai            |  012  5422 015  | 082 920 2023  | diespitbraai@mweb.co.za